top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Korrupte konstabel is in Bfn gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

'n Voormalige polisiekonstabel is in die streekhof in Bloemfontein op twee aanklagte van korrupsie skuldig bevind.


Die vonnis volg ná 'n suksesvolle lokvaloperasie deur die Vrystaatse polisie se teenkorrupsie-eenheid in Januarie 2021.


Die voormalige konstabel, Sibongile Makoli, het glo R1 000 van 'n buitelandse burger geëis nadat die persoon sonder 'n geldige paspoort aangetref is. Die klaer het aanvanklik R200 betaal en ingestem om die balans later te oorhandig.


Die teenkorrupsie-eenheid is van die beweerde afpersing in kennis gestel en het 'n lokvaloperasie uitgevoer. Makoli is daarna op heterdaad betrap toe sy die oorblywende R800 ontvang het.


Die hof het haar tot vyf jaar korrektiewe toesig gevonnis, terwyl 'n verdere vyf jaar tronkstraf vir vyf jaar opgeskort is. Sy is intussen ook uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page