‘n Koue front bring nat en winderige toestande
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 20
- 1 min read
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens het koue, nat en winderige toestande na die oostelike en suidelike dele van die land versprei, insluitend dele van die kuslyn.
Temperature sal na verwagting skerp daal oor dié streke.
Inwoners in hoogliggende binnelandse gebiede word gewaarsku om voor te berei vir strawwe koue, met dagtemperature wat moontlik net tussen 10 en 12 grade Celsius sal bereik.
’n Senior weervoorspeller, Tokelo Chiloane, sê seetoestande sal ook aansienlik versleg.
Die koue front sal na verwagting vir die volgende paar dae voortduur.








Comments