top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Kovsie wen vir die eerste keer ‘n gesogte antropologieprys

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6
1 min read

'n Nagraadse student, Liso Rulashe, het die eerste student van die aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) geword om die Monica Wilson-prys vir nagraadse antropologie te wen.


MyCity Bloemfontein berig die toekenning erken Rulashe se navorsing oor hoe Pinkster-Christene geloof, Xhosa-kulturele identiteit en manlikheid met mekaar versoen deur die praktyk van ulwaluko. Ulwaluko is 'n tradisionele Xhosa-inisiasie-rite.


Die beoordelaars was glo beïndruk deur die subtiele manier waarop Rulashe ’n polities sensitiewe onderwerp, wat ook na aan sy eie ervaring is, hanteer het.


Rulashe sê die deelnemers kies nie bloot tussen Christenskap en Xhosa-identiteit nie, maar om ulwaluko op nuwe maniere benader sodat hulle toegewyde Christene kan bly, terwyl hulle ook erkenning as volwaardige Xhosa-mans nastreef.


Liso Rulashe. FOTO: Facebook
Liso Rulashe. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page