'n Kuberkraker kry glo 'n luukse hotelkamer – vir net een sent
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 19
- 1 min read
Die Spaanse polisie het ʼn vermeende kuberkraker in hegtenis geneem nadat hy glo 'n hotelbesprekingswebwerf gekuberkraak het om luukse kamers vir so min as een sent te bespreek.
Maroela Media berig die verdagte het glo die verifikasieproses van ʼn elektroniese betaalplatform gemanipuleer sodat slegs een sent vir kamers gehef is wat meer as R20 000 per nag gekos het.
Ten tyde van sy inhegtenisneming het hy in ʼn luukse hotel in Madrid gebly, wat meer as R400 000 verloor het.








Comments