top of page

'n Laerskoolmeisie van Kroonstad is voor haar skool dood gery

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

'n Laerskoolmeisie van Kroon Primary School in Kroonstad in die Vrystaat is dood nadat sy deur 'n motor raakgery is.

Volgens VrystaatKroon vertel ooggetuies dat die 10-jarige Thandolwakhe Zondi in die middel van die pad was en die voetgangeroorgang wou oorsteek toe sy deur 'n motor getref is.

Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê met die polisie se aankoms op die toneel het mense naby die skoolhek saamgedrom en die jong meisie het met sigbare beserings in die straat gelê.

In ’n Facebook-plasing sê die skool dat Thandolwakhe se afwesigheid ’n leemte laat wat woorde nie kan vul nie.

Die skool vra voorts dat almal hulle weerhou van bespiegeling of die verspreiding van ongeverifieerde inligting.

 
 
 

Comments


bottom of page