'n Landelike hospitaal maak geskiedenis met 'n saamgestelde tweeling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 18
- 1 min read
'n Mediese span in 'n landelike hospitaal net buite Polokwane in Limpopo het geskiedenis gemaak toe hulle saamgevoegde tweelingseuntjies geskei het.
IOL berig die tweeling, wat einde Januarie gebore is, was aan hul middellywe saamgevoeg, en het verskeie organe gedeel. Die leier van die mediese span, Nyaweleni Tshifularo, sê die operasie van sewe uur was hoogs kompleks, en voeg by die seuntjies sterk tans goed aan.
President Cyril Ramaphosa het in 'n telefoniese gesprek aan die fasiliteit sy gelukwense oorgedra met so 'n suksesvolle operasie, wat tradisioneel in van die land se groter hospitale aangepak sou word.
LUISTER HIER:
President Cyril Ramaphosa








Comments