’n Legendariese Bloemfonteiner word by die Oorlogmuseum vereer
- Armando Pieters

- Jan 17
- 1 min read
Dr. Johan Christiaan Loock word by die Oorlogmuseum in Bloemfontein vereer. Geologie, argeologie en kundigheid oor die Anglo-Boereoorlog is nie net op die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein sinoniem met dr. Johan Christiaan Loock nie, maar selfs fossiele is na hom vernoem. Netwerk24 berig dat dr. Loock in Desember 2024 op die ouderdom van 86 oorlede is, maar sy fenomenale bydrae tot die erfenis van die Vrystaat word op 15 Februarie by die Oorlogmuseum in Bloemfontein gevier. Terwyl Loock vir 32 jaar ’n geliefde lektor was, het die Karooseun in 2009 sy eredoktorsgraad ontvang. Sy lewe word vasgevang op video waar hy verkenningswerk en veldwerk gedoen het. Sy studente onthou sy onderrig was met subtiele humor en stoute gesegdes oorgedra, wat hom as ’n aardse mens uitgebeeld het.





Comments