’n Legendariese kunsonderwyser van Fichardtpark Laerskool sterf
- Armando Pieters

- Dec 12, 2024
- 1 min read
’n Kunsonderwyser van Fichardtpark Laerskool in Bloemfontein, Jacques Terblanche, is na ’n lang siekte by Rosepark-hospitaal oorlede. Die skool bedank die gemeenskap wat vir die geliefde kunsonderwyser omgesien en gebid het om sy laaste dae so gemaklik as moontlik te maak. Op sosiale media word die omvang van sy invloed beklemtoon met oud-leerlinge se treurwense en staaltjies van 38 jaar se omgee. Sy humorsin is waardeer deur leerlinge en kollegas. Die Bloemfonteinse Onderwyskollege het ook sy sterfte aangekondig, wat ’n vlaag van goeie herinneringe ontketen het. Terblanche is op 10 November 1961 gebore en was tot Woensdag, 11 Desember 2024, vir 36 jaar ’n legende in Bloemfontein wat jong mense geleer het om die lewe te waardeer.





Comments