‘n Liefdadigheidsorganisasie samel glo geld in om Dezzi Liebenberg te help oorleef

'n Liefdadigheidsorganisasie genaamd Prison to Praise sal na bewering geld aan die vrou van die omstrede sakeman Louis Liebenberg, Dezzi, betaal om te oorleef indien sy borgtog toegestaan sou word.
Die staat egter Woensdag Dezzi se derde poging in die Bronkhorstspruit-landdroshof teengestaan.
Sy het vroeër aangedui sy sal met R10 000 per maand, wat deur dié niewinsgewende organisasie aan haar geskenk sal word, kan oorleef.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Maroela Media het ’n onafhanklike maatskappysoektog na Prison to Praise uitgevoer.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Volgens die organisasie se webtuiste het Prison to Praise slegs een projek wat ondersteun word, en dit is dié van ’n "egpaar wat in die moeilikheid met die gereg is”. Geen name word egter genoem nie. Rondom Junie vanjaar het Prison to Praise ’n gelukstrekking aangebied om fondse in te samel, maar daar word nie genoem waarvoor die geld ingesamel word nie. Nie een van die direkteure kon opgespoor word nie.
Die Valke-ondersoekbeampte Danie Bruwer sê dit is onduidelik hoe geld ingesamel word en wie daarby baat. Geen adresse of telefoonnommers word verskaf nie en daar is ook nie ’n aangestelde boekhouer nie.









Comments