‘n Liggaam is in ‘n sloot rioolwater ontdek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
Die liggaam van 'n onbekende man is in 'n sloot rioolwater aangetref.
Inwoners van Bronville in die Vrystaat het die liggaam aan polisie uitgewys, waarna die Welkom-duikeenheid die liggaam verwyder het.
Volgens 'n polisieverklaring is beamptes na 'n toneel op die R730 naby die Brand 5-myngebied in Welkom ontbied.
Die oorledene was geklee in 'n swart denimbroek, 'n blou, swart en wit gestreepte bostuk en blou tekkies. Hy word geskat om in sy middel-40's te wees.
Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie, en die polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen.








Comments