top of page

'n Liggaam is in 'n vlak graf in die Vrystaat gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 21, 2025
  • 1 min read

‘n Liggaam is in ‘n vlak graf in ‘n oop veld in Voggelfontein net buite Bethlehem in die Vrystaat gevind.


Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in ‘n verklaring ‘n inisiasieskool-onderwyser het glo Saterdagoggend hout in die area bymekaar gemaak toe hy die vlak graf ontdek. Hy het die polisie dadelik in kennis gestel.


Met hul aankoms het die polisie ‘n liggaamsdeel by die graf gesien uitsteek. Die liggaam sal na ‘n staatslykshuis vervoer word om die oorsaak van dood vas te stel. Die slagoffer se identiteit is nog onbekend, en ondesoeke duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page