'n Ligte aardbewing tref Welkom
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
’n Seismiese gebeurtenis het Vrydagoggend in die Welkom-gebied in die Vrystaat plaasgevind. Dit is deur die Raad vir Geowetenskappe (CGS) bevestig.
The Citizen berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismografiese Netwerk het die bewing as ’n plaaslike magnitude van 3,3 geregistreer. Die episentrum was in die Welkom-goudmyngebied, sowat 5 kilometer suidwes van die myndorp Odendaalsrus.
’n Onafhanklike moniteringsplatform, VolcanoDiscovery, het 20 verslae van die seismiese gebeurtenis uit Suid-Afrika ontvang.
Inwoners het aangedui dat hulle die bewing tussen 7,2 en 8,9 km van die episentrum af gevoel het, wat vyf tot sewe sekondes geduur het. Dakke en vensters het ook geratel.








Comments