'n Luiperd het naby Bfn ontsnap
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 16
- 1 min read
Inwoners van Glen naby Bloemfontein word gewaarsku dat 'n luiperd Vrydag in dié area ontsnap het. Die dier is glo tussen die Glen Landboukollege en die N1 op die R30.
Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme waarsku inwoners van dié en omliggende areas om versigtig en op die uitkyk te wees. Kenners is tans besig met 'n soektog om die dier te vang en na veiligheid te bring.







Comments