top of page

‘n Ma reis glo 30km met haar kind se liggaam in ‘n tas

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 20, 2025
  • 1 min read

‘n 32-jarige vrou wat na bewering haar kind se liggaam in 'n tas geplaas het en dit per taxi 30 kilometer die Mbizana-polisiestasie vervoer het, is in hegtenis geneem. SABC News  berig volgens polisiewoordvoerder Majola Nkohli, het die vrou glo haar 3-jarige kleuter sonder toesig by die huis gelos, terwyl sy haar kêrel besoek het. Met haar terugkeer die volgende dag, het sy glo die kind leweloos naby die deur gekry. In plaas daarvan om onmiddellike mediese of polisiehulp te soek, het sy glo na Mbizana gereis waar sy die kind se dood aangemeld het. Sy sal na verwagting Woensdag in Mbizana-landdroshof op aanklagte van strafbare manslag, regsverydeling en kinderverwaarlosing verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page