‘n Ma soek geregtigheid vir haar seun se dood
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 9
- 1 min read
‘n Ma soek geregtigheid nadat haar seun sowat ‘n maand gelede in ‘n motorongeluk in Bloemfontein oorlede is. Netwerk24 berig Janice Christians, ma van die 24-jarige Ryan Ismail het haar frustrasie met die polisie in ‘n ope brief op Facebook uitgespreek. Ismail is op 15 Augustus in die botsing tussen drie voertuie op die hoek van Currielaan en Pasteurrylaan oorlede, en volgens Christians is niemand nog in hegtenis geneem nie, en sy is ook nie bewus van ‘n dossier wat geopen is nie. Sy sê ook sy kry geen kommunikasie van die polisie nie. Intussen het polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, aan Netwerk24 gesê dat hy die relevante departement sal besoek om inligting te kry.





Comments