top of page

‘n Man agtervolg en vermoor sy meisie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

‘n 41-jarige man het erken dat hy sy meisie vermoor het, na hy haar en haar vriendin van hul huis in Jacobsdal na die dorp agtervolg het. Met die twee vroue se terugkeer het hy hulle in ‘n lokval gelei. Sy meisie is aan verskeie steekwonde oorlede, en haar vriendin wat probeer het om te help, is ook aangeval. Sy het oorleef en het mediese behandeling ontvang. Polisiewoordvoerder, Sersant Sinah Mpakane, sê in ‘n mediaverklaring Jacob Petrus Morwe is in die hooggeregshof in Bloemfontein tot 23 jaar tronkstraf vir die moord op sy meisie, en 'n bykomende vyf jaar vir die aanranding van haar vriendin gevonnis.      

 
 
 

Comments


bottom of page