top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is by die Ficksburg-grenspos vas vir die besit van 'n gesteelde vuurwapen

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 7 days ago
  • 1 min read

'n Man is by die Ficksburg-grenspos in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen wat in Gauteng as gesteel aangemeld is.


Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, het twee grenswagte op motorfiets-patrolliediens Maandag twee verdagte persone opgemerk wat deur die veld naby die grensgebied beweeg het. Toe die beamptes hulle wou ondervra, het albei te voet gevlug. Die verdagtes is per motorfiets agternagesit en een van hulle is vasgetrek.


Tydens ’n deursoeking het die beamptes ’n 9 mm-pistool en ammunisie in die verdagte se besit gevind. Die vuurwapen se reeksnommer is versprei vir verifiëring en daar is bevestig dat dit in November 2025 in Nigel in Gauteng as gesteel aangemeld is.


Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Ficksburgse landdroshof verskyn vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook dat hy ongedokumenteerd in die land verkeer.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page