top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is dood ná 'n stroper-ongeluk naby Gariepdam

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 10
  • 1 min read

'n Jong man is op Allemansdrift-plaas in die Gariepdam-omgewing in die Vrystaat dood nadat hy vermoedelik van 'n stroper afgegly en in die lemme geval het, waarna hy in die mielietenk van die stroper ingetrek is.


Volgens 'n polisieverklaring het die bestuurder van die stroper vertel hy het gevoel die masjien voel geblokkeer, en toe hy omkyk, het hy besef wat gebeur het. Hy het die stroper onmiddellik gestop en die beseerde uitgehaal.


Nooddienste is ontbied en het met hul aankoms die dood van die 18-jarige Riano Marries bevestig.


Geen misdaad word vermoed nie, en die ondersoek duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page