top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is gevonnis vir dade teen sy jong dogter

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 14 minutes ago
  • 1 min read

Die streekhof in Kroonstad het ’n man skuldig bevind vir aanranding en crimen injuria teen sy 12-jarige dogter.


Die slagoffer het in November verlede jaar op pad na ’n plaaslike winkel haar pa teëgekom. Die verdagte het haar verbaal beledig en haar daarna met oop hande aangerand. Sy het daarin geslaag om van die toneel te vlug en het die voorval by die polisie aangemeld.


Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê in 'n verklaring die Edenville-polisie het die verdagte kort ná die voorval aangemeld is, in hegtenis geneem. Die beskuldigde is gevonnis tot ’n boete van R12 000 of 12 maande gevangenisstraf, geheel opgeskort vir vyf jaar.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page