'n Man is glo per ongeluk deur sy oom doodgeskiet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 12
- 1 min read
Updated: Jan 13
'n Man van Thabong in die Vrystaat is dood nadat hy na bewering per ongeluk deur sy oom geskiet is.
In 'n verklaring sê die polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, die polisie is na 'n plaaslike hospitaal ontbied waar hulle 'n man met 'n skietwond gekry het. Hy is aan sy besering oorlede nadat sy familie hom na die hospitaal geneem het.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die man per ongeluk by die huis deur sy oom geskiet is. Die oom het glo gedink daar is 'n indringer in sy huis.
Die vuurwapen, lisensie en sewe rondes ammunisie is vir ondersoeke gekonfiskeer. Die omstandighede rondom die skietvoorval sal ook ondersoek word.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Welkomse landdroshof op 'n aanklag van moord verskyn.







Comments