top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is hof toe vir die beweerde steel van avokado's

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 13
1 min read

'n Man het in die hof verskyn nadat hy in besit gevind is van 215 avokado's wat vermoedelik gesteel is. Die avokado's kom glo uit 'n vragmotor wat op 'n ongelukstoneel op die N1 naby Winburg in die Vrystaat geplunder is.


Volgens polisiewoorder, sersant Palesa Thabana, het polisie inligting ontvang oor beweerde gesteelde goedere wat in die Dipotomaneng-woongebied versteek was. Tydens die deursoeking het die polisie drie sakke met die avokado's gevind.


Die verdagte kon geen dokumentasie of redelike verduideliking verskaf vir sy besit van die groot hoeveelheid avokado's nie. Hy is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, en die avokado's is deur die polisie gekonfiskeer.


Die verdagte is Vrydag borgtog toegestaan en die saak is tot 24 Julie vir verdere polisieondersoek uitgestel.


Die polisie waarsku dat die besit van geplunderde eiendom ná 'n ongeluk of by misdaadtonele 'n misdaad is.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page