top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is hof toe vir die beweerde verkragting van 'n vrou in haar huis

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 15
1 min read

’n Man sal binnekort in die Rouxville-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van poging tot moord en verkragting.


Volgens 'n polisieverklaring sê die slagoffer dat sy op Saterdag by haar buurvrou se huis gekuier het. Sy is na haar eie huis om te gaan slaap aangesien sy dronk was. Sy sê verder dat sy direk bed toe is sonder om die deur te sluit.


Ongeveer 'n halfuur ná haar tuiskoms het iemand glo haar deur oopgemaak. Sy het die verdagte herken. Hy het haar na bewering verwurg en van een bed na ’n ander gesleep, waar hy haar ontklee en verkrag het voordat hy die huis verlaat het.


Die slagoffer sê sy het tot daglig gewag voordat sy die voorval aangemeld het, en die verdagte is later in hegtenis geneem.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page