top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is in Bfn vir 'n reeks geweldmisdade gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 2
  • 1 min read

Die polisie van die Mangaung Munisipale Metro verwelkom die vonnisoplegging van ’n man wat in Oktober 2023 skuldig bevind is aan ’n reeks geweldsmisdade teen ’n vrou.


Die slagoffer was by ’n plaaslike taverne toe sy deur die beskuldigde, wat aan haar bekend was as ’n vriend van haar kêrel, genader is. Thabo Petrus Moiloa het versoek dat die slagoffer hom huis toe vergesel, maar sy het sy toenaderings geweier.


Die situasie het gewelddadig geraak toe die beskuldigde die slagoffer ontvoer en haar na sy woning gedwing het. Hy het haar met ’n mes gedreig en haar fisies met ’n belt aangerand voordat hy haar verkrag het.


Moiloa is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir ontvoering, drie jaar vir aanranding en 15 jaar vir verkragting.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page