top of page

‘n Man is op heterdaad betrap terwyl hy drade knip

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 25, 2025
  • 1 min read

‘n 37-jarige man is in hegtenis geneem toe hy in boom gewaar is besig om eletriese drade te knip. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die Bloemfonteinse Parkroad Intervensie-eenheid was besig met roetine-patrollies toe hulle die man gewaar het. Die man is deursoek en elektriese kabels asook verskeie huisbraakgereedskap is in sy besit gevind. Die skadekoste word glo op amper R200 000 beraam. Die verdagte staan tereg op aanklagte van skade aan noodsaaklike infrastruktuur en die besit van huisbraakgereedskap. Hy sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page