'n Man is vas nadat hy sy vriend glo met 'n tuinvurk vermoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 3
- 1 min read
'n Man van Bohlokong in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vriend tydens ‘n woordewisseling by ‘n residensiële eiendom vermoor het.
Die verdagte en die oorledene het in ‘n motorhuis gesit en kuier toe hulle stry gekry het. Die dispuut het na bewering voortgespruit uit bewerings dat die oorledene ‘n verhouding met die verdagte se meisie gehad het.
Tydens die konfrontasie het beide mans hulself na bewering bewapen met ‘n graaf en ‘n graafvurk wat in die motorhuis gelê het.
‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die verdagte het na bewering die oorledene met ‘n graafvurk in die gesig gesteek voordat hy van die toneel gevlug het.
LUISTER:
Mmako Mophiring







Comments