top of page

'n Man is vas vir die beweerde moord op sy swaer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 12
  • 1 min read

Updated: Jan 13

Die liggaam van 'n man is naby ‘n kerk op die hoek van De Villiers- en Churchstraat in Bohlokong in die Vrystaat gevind.


Die polisie het ‘n verdagte in hegtenis geneem vir die moord op sy swaer.


Die oorledene het steekwonde in die bors en rug gehad, en is op die toneel dood verklaar. Die oorledene is later positief deur sy suster geïdentifiseer.


Die motief vir die moord is nog onduidelik. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bethlehem-landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page