'n Man is vas vir die dubbele moord op jong boeties
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
'n Man is in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die dubbele moord op twee jong seuns.
Die nege-jarige Reanetswe Lakaje en 14-jarige Thabiso Lakaje is Woensdag deur 'n sekuriteitswag naby die deur van hul huis aangetref. Hul hande en monde was met lap vasgebind. Die sekuriteitswag het die plaasbestuurder onmiddellik in kennis gestel.
Volgens 'n polisieverklaring is die oudste broer dood op die toneel aangetref, terwyl sy jonger broer na 'n plaaslike hospitaal gehaas is, waar hy later aan sy beserings beswyk het.
Die rede vir die aanval is onbekend. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
'n Ander man is vroeër in hegtenis geneem en aangehou nadat hy na bewering in besit gevind is van 'n bebloede broek wat aan een van die twee seuns behoort het. Dié man word steeds deur die polisie ondersoek en ondervra, maar hy is nie die beweerde moordenaar nie.








Comments