top of page

'n Man is vas vir dwelmbesit in Hospitaalpark

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 29
  • 1 min read

'n Man is in Hospitaalpark in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.


Luidens 'n polisieverklaring het die polisie en lede van die K9-eenheid tydens hul uitvoering van Safer Festive Season- aktiwiteite leidrade opgevolg oor 'n persoon wat in besit van dwelms was, en 'n woonstel is deursoek.


Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê beslag is op dwelms met 'n totale straatwaarde van ongeveer R30 000 gelê.


Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page