'n Man is vas vir koperdiefstal in die Vrystaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
'n Man van Mamafubedu naby Petrus Steyn is in hegtenis geneem nadat meer as 31 kilogram se koperdraad in sy besit gevind is.
Sy motor is tydens 'n padblokkade tussen Petrus Steyn en Reitz gestop en deursoek, en die koperdraad is in sy rugsak gevind. Dit is na bewering van 'n nabygeleë plaas gesteel.
Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring dat verdere ondersoeke aan die lig gebring het dat die man reeds voorheen vir soortgelyke misdade in hegtenis geneem is.
Hy sal na verwagting op 2 Februarie in die Reitz-landdroshof verskyn op aanklag van besit van vermoedelik gesteelde items.







Comments