‘n Man is vir die moord op ‘n reaksiebeampte op ‘n Vrystaatse plaas gevonnis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 29, 2025
- 1 min read
’n Man is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis na ’n voorval op ’n Vrystaatse plaas in die Fouriesburg-omgewing waartydens ’n reaksiebeampte noodlottige gewond en ’n boer geskiet en gewond is. Maroela Media berig die 29-jarige Thabo Hlompho het vroeër in die Bethlehem-landdroshof op die aanklagte teen hom skuldig gepleit. Die 56-jarige reaksiebeampte, Andrew Turner, is in reaksie op ʼn klagte van onwettige betreding na die plaas ontbied. Hlompho het hom oorrompel, sy vuurwapen afgeneem en hom geskiet. Turner is op die toneel dood verklaar. Ander boere is geaktiveer en het die verdagte agterna gesit wat tot ʼn skietery gelei het. Die verdagte is in sy linkerbeen gewond en ʼn boer is tydens die voorval in sy heup geskiet.






Comments