top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man kry tronkstraf ná seksuele aanranding by 'n inisiasieskool

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 25
  • 1 min read

'n Man is in die Vrystaat tronkstraf opgelê nadat hy 'n jong ingewyde by ‘n tradisionele skool in Malebogo seksueel aangerand het.


Die 17-jarige slagoffer het in 2023 ‘n inisiasieskoolbyeenkoms bygewoon. Die beskuldigde, Lenyatso Kase, wat as assistent vir die onderwysers by die skool opgetree het, het homself in die slagoffer se komberse gedwing en hom seksueel aangerand.


Na die voorval het Kase die tiener gedreig. Die slagoffer het stilgebly tot die voltooiing van die inisiasietydperk.


‘n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê hy het die saak uiteindelik by die polisie aangemeld.


LUISTER HIER:


Mahlomola Kareli

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash




 
 
 

Comments


bottom of page