top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man sit lank nadat hy jare reeds soek is vir koperdiefstal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

'n Verdagte wat jare reeds gesoek word vir die besit van vermoedelik gesteelde koper, is uiteindelik in die Bloemfonteinse streekhof tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.


Volgens 'n polisieverklaring is Braam Bothma op twee aanklagte van peutering met noodsaaklike infrastruktuur, twee aanklagte van diefstal van eiendom wat deel vorm van noodsaaklike infrastruktuur, en besit van gesteelde eiendom skuldig bevind.


Bothma is in November 2022 reeds met vermoedelik gesteelde koperkabels in Oranjesig in Bloemfontein betrap, maar die koperkabels was gebrand en kon nie geïdentifiseer word nie.


In April 2025 was daar voorvalle van diefstal, peutering, beskadiging of vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur by ’n kleinhoewe in Hillside. Hier is Bothma deur CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer, en Telkom het bevestig dat die eiendom wat beskadig en gesteel is, aan hulle behoort het.


In Junie 2025 is Bothma in Noordhoek gearresteer vir die besit van 'n gesteelde Centlec- oorhoofse geleier, wat ’n langdurige kragonderbreking in die gebied veroorsaak het.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page