'n Man sit lank nadat sy meisie in 'n rolstoel beland ná hy haar aangerand het

Jun 11
1 min read
Die Harrismith-streekhof in die Vrystaat het ’n 26-jarige man tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die poging tot moord op sy meisie.
Sunday Skhosana is skuldig bevind nadat hy die 20-jarige Sibongile Radebe in Oktober verlede jaar ná ‘n argument verskeie kere met ‘n mes gesteek het.
’n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê Radebe het die aanval oorleef, maar is verlam gelaat en gebruik nou ’n rolstoel.









Comments