'n Man sit lank vir verkragting van sy aangenome suster
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 5
- 1 min read
'n Man van Rocklands in Bloemfontein is tot 27 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy aangenome suster.
Die voorval het in Desember 2024 plaasgevind, dieselfde dag waarop Lehlohonolo Willie Willeman formeel deur sy aanneemouers tydens ’n tradisionele seremonie verwelkom is. Die klaer en die beskuldigde het saam grootgeword en was aan mekaar bekend as broer en suster.
Die beskuldigde het die klaer na die tyd huis toe gevolg, en gedreig om haar dood te maak omdat sy hom herken het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat se streekwoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê hy het haar toe in die slaapkamer gedwing en haar verkrag.
LUISTER HIER:
Mojalefa Senokoatsane








Comments