'n Man sit lewenslank vir die herhaalde verkragting van 'n familielid
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 7
- 1 min read
'n Man is in die Bloemfonteinse streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die herhaaldelike verkragting oor 'n lang tydperk van sy 17-jarige familielid.
Volgens 'n polisieverklaring het die hof gehoor dat die slagoffer, wat destyds ’n minderjarige was, tussen Desember 2016 en Julie 2017 aan voortdurende seksuele mishandeling deur haar oom onderwerp is. Dit het eers aan die lig gekom toe die slagoffer swanger geraak het en die saak daarna by die owerhede aangemeld het.
Ná ’n deeglike ondersoek, wat DNS-bewyse ingesluit het om vaderskap te bevestig, is die man met die misdade verbind en in hegtenis geneem.
Die hof het die kwesbaarheid van die slagoffer en die growwe verbreking van vertroue deur ’n familielid, wat veronderstel was om haar te beskerm, beklemtoon.








Comments