'n Man sit lewenslank vir die moord op sy meisie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 15
- 1 min read
'n Man is in die Vrystaatse hooggeregshof se sitting in Welkom skuldig bevind en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy meisie.
Volgens 'n polisieverklaring het die Edenville-polisie in Mei 2023 'n klag van moord ontvang. Met hul aankoms op die toneel het die polisie die slagoffer, Aphiwe Mtolo, in die straat aangetref met veelvuldige steekwonde. Volgens ooggetuies is Mtolo verskeie kere gesteek terwyl haar ouma en haar destyds agt-jarige seun moes toekyk.
Die verdagte, Thabo Isaac Ntanta, is dieselfde dag gearresteer en later op borgtog vrygelaat. Hy het daarna na Johannesburg gevlug, maar uiteindelik opgespoor en in Oktober 2025 in Johannesburg in hegtenis geneem.
Ntanta het in aanhouding gebly tot die afhandeling van die verhoor, wat tot sy skuldigbevinding en lewenslange vonnis gelei het.








Comments