top of page

‘n Man sit lewenslank vir twee verkragtingvoorvalle

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 12
  • 1 min read

'n Man is in die Bloemfonteinse streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê Tsebo Johannes Lepelesane se skuldigbevinding spruit voort uit twee afsonderlike voorvalle van seksuele geweld wat in 2015 in die Bloemfontein-gebied plaasgevind het.


In een voorval is ‘n vrou oorval terwyl sy na haar woning in Rocklands gestap het. Sy het opgemerk dat die verdagte haar volg, en probeer weghardloop. Die verdagte, gewapen met ‘n mes, het die slagoffer na ‘n verlate huis geneem waar hy haar seksueel aangerand en verkrag het.


Voordat hy van die toneel gevlug het, het die verdagte die slagoffer van haar selfoon beroof.


In die ander voorval het twee niggies deur 'n oop veld gestap toe 'n onbekende man hulle met 'n mes voorgekeer het. Die een niggie is verkrag en met die mes gesteek, terwyl die ander ontsnap het.


Die niggie is drie maande later aan haar beserings oorlede.


FOTO: X
FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page