top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Man stap die aarde se omtrek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 13
  • 1 min read

'n Man van Indiana in die VSA het sy doelwit bereik om die ekwivalent van die aarde se omtrek te stap.


Hy het die mylpaal ná 14 jaar bereik. Russell Mumper het sowat 20 500km afgelê deur meer as 55 miljoen treë oor byna 5 900 staptogte te gee.


Hy het gemiddeld 8km per dag gestap terwyl hy voltyds gewerk het en 49 pare roeteskoene uitgedra het.


Mumper het sy prestasie op 'n eenvoudige manier tuis saam met sy vrou en hul twee honde gevier.


Russell Mumper. FOTO: Facebook
Russell Mumper. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page