‘n Man steek glo ‘n polisiebakkie aan die brand

Jan 20, 2025
1 min read
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo helder oordag ʼn polisiebakkie aan die brand gesteek het. Maroela Media berig, die bakkie se bestuur was saam met sy kollegas by die Mhala-polisiestasie in Mbombela, toe hulle skielik ‘n geraas gehoor het. Die beampte het glo gesien hoe ‘n man van die brandende polisievoertuig weghardloop en het hom agterna gesit. Die 31-jarige is vir die opstelike beskadiging van staatseiendom aangekla. Dit is glo ook nie sy eerste keer nie – na bewering het hy in Desember 2023 hom aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig gemaak.








Comments