‘n Man sterf ná ‘n skietvoorval in Bloemfontein

Oct 22
1 min read
Die Vrystaatse polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord en ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen en 'n na 'n skietery in Wilgehof in Bloemfontein.
Volgens die polisie het 'n 57-jarige man na bewering verskeie skote op 'n 18-jarige afgevuur, maar hy het misgeskiet.
Hy het daarna glo in die teenwoordigheid van ‘n 20-jarige vrou die vuurwapen op homself gerig.
Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Geen ander beserings is aangemeld nie. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval.









Comments