'n Man van Hennenman is glo oor 'n beursie vermoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 5
- 1 min read
Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op 'n man by sy huis in Phomolong in Hennenman in die Vrystaat, nadat hy daarvan beskuldig is dat hy 'n beursie gesteel het.
Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring 'n rusie het toe ontstaan, waartydens die slagoffer die verdagte oorwin het. Daarna het die verdagte sy vriende gaan haal, en die drie mans het na bewering die slagoffer verskeie kere met 'n skerp voorwerp gesteek en die toneel gevlug.
Die man is op die toneel dood verklaar.
Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Hennenman verskyn op aanklagte van moord.







Comments