top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Man vermoor glo sy vrou op 'n Vrystaat-plaas

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 6, 2025
  • 1 min read

Die polisie het 'n 32-jarige verdagte van die Ionia-plaas in die Ficksburg-distrik, Vrystaat, in hegtenis geneem vir die moord op sy 36-jarige vrou.


Luidens ‘n mediaverklaring is 'n bebloede ysterstaaf as 'n bewysstuk tydens sy inhegtenisneming op die misdaadtoneel gekonfiskeer.


Die polisie het met hul aankoms op die toneel die liggaam van die vrou met ‘n wond bo haar linkeroog gevind.


Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.


Die verdagte is van moord aangekla en sal na verwagting eersdaags in die Ficksburg-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page