‘n Man vermoor sy ma oor hy glo sy het hom getoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
'n Man het sy ma vermoor nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy hom getoor het.
Songezo Michael Moholei het in sy pleitverduideliking in die streekhof in Sterkspruit in die Oos-Kaap erken dat hy ná sy laat tuiskoms met sy ma, Maphumulo Moholei, baklei het. Tydens die rusie het hy sy ma daarvan beskuldig dat sy hom met toordery geteiken het. Hy het haar toe met ‘n houtstok ten aanskoue van die bure aangerand, en sy het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.
Nova News berig met die verswarende omstandighede tydens vonnisoplegging het die staatsaanklaer gesê dat die misdaad teen 'n weerlose slagoffer in 'n huishoudelike omgewing gepleeg is en deur skadelike bygeloof gemotiveer is.
Die staat het verder aangevoer dat die moord 'n ernstige skending van die vertrouensverhouding tussen 'n ouer en kind was.
Met die oorweldigende getuienis wat die staat voorgelê het, het Moholei besluit om skuld te beken. Die staatsaanklaer sê die vonnis van lewenslange tronkstraf stuur 'n sterk boodskap teen geslagsgebaseerde geweld, vrouemoord en geweld wat deur beskuldigings van heksery aangevuur word.








Comments