top of page

‘n Man wat glo meisies in Bloem-winkelsentrums agtervolg is vasgetrek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 8 hours ago
  • 1 min read

Na aanleiding van verskeie klagtes van bekommerde ouers is ‘n man vir die besit van material wat seksuele misbruik van kinders toon in hegtenis geneem.


Ouers het voorvalle aangemeld van ‘n man wat jong meisies in winkelsentrums in Bloemfontein agtervolg en hulle met ‘n onwelriekende stof spuit voordat hy wegloop.


Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê in ‘n mediaverklaring op grond van die inligting het die polisie in samewerking met die winkelsentrumsekuriteitspersoneel, die verdagte opgespoor.


Hy is deur die eenheid vir seksuele en elektroniese misdade in hegtenis geneem.


Die verdagte het glo sy slagoffers in die geheim verfilm.


Ouers wat vermoed dat hul kinders moontlik deur die vreemde gedrag geteiken is, word aangemoedig om na vore te kom en verklarings by hul naaste polisiestasie af te lê.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page