‘n Man wat glo Vrystaters om die bos lei is aangekeer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
‘n Man wat daarvan verdink word dat hy verskeie gastehuise, restaurante en ander sakeondernemings in Kroonstad, Welkom en omgewing met slinkse streke om die bos gelei het, is deur die polisie vasgetrek. Vrystaatkroon berig die 29-jarige Douw van der Merwe het na bewering by verskeie gastehuise in Kroonstad, asook in Welkom, tuisgegaan sonder om vir die verblyf te betaal. Verskeie restaurante het glo ook deurgeloop. Verder word berig dat ‘n vulstasie in die Noordwes glo ook dringend na hom op soek is in verband met ‘n transaksie van meer as R1 000 se aankope wat nie betaal is nie. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Lorraine Earle, het bevestig klagte van verskeie vorme van bedrog is ingedien en dat die klagte ondersoek word. Van der Merwe is in die Odendaalrus-gevangenis in aanhouding totdat hy weer in die hof verskyn.






Comments