‘n Mangaung-gevangene se dood word ondersoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die dood van ‘n gevangene by die Mangaung-korrektiewe sentrum word ondersoek.
Volgens Netwerk24 sê die Departement van Korrektiewe Dienste se woordvoerder voorlopige inligting dui daarop dat die gevangene bo-op ‘n werkstasie geklim het, toegang tot die afgesperde area verkry het en toe afgespring het.
Alle relevante nood- en veiligheidsprotokolle is onmiddelike geaktiveer.
Ten spyte van die pogings van gesondheidspersoneel is die gevangene kort daarna dood verklaar.
Daar word verdere berig dat die departement hul eie interne ondersoek doen, en volle samewerking verleen om te verseker dat die omstandighede van die voorval deeglik en deursigtig ondersoek word.






Comments