top of page

'n Massa-skietery ruk 'n skool in Kanada

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 11
  • 1 min read

Nege mense is dood en talle beseer tydens ‘n massa-skietvoorval by ‘n skool en huis in Brits-Colombië, in Kanada.


Volgens NPR is twee van die meer as 25 beseerdes per lug-ambulans met lewensbedreigende beserings na 'n hospitaal geneem.


CNN berig die meeste van die slagoffers by die skool in Tumbler Ridge gevind, terwyl twee by ‘n nabygeleë huis gevind is. Die vroulike skieter is ook aan ‘n selftoegediende besering dood by die skool gevind.


Massa-skietvoorvalle is skaars in Kanada, aangesien die land se wapenreëls baie strenger is as in Amerika.


Leerlinge ontruim die skool waar 'n skietery plaasgevind het. SKERMGREEP: NPR
Leerlinge ontruim die skool waar 'n skietery plaasgevind het. SKERMGREEP: NPR

 
 
 

Comments


bottom of page