'n Maties-advertensie sluit glo wit studente uit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 21
- 1 min read
Die Departement Agronomie van die Universiteit Stellenbosch (US) se Landboufakulteit adverteer tans twee internskappe vir junior navorsingsassistente, met wit studente wat uitgesluit word. Luidens die advertensie mag swart, bruin, Indiër- en Chinese aansoekers met ʼn Suid-Afrikaanse ID om twee internskap-poste aansoek doen.
Maroela Media berig die VF Plus-LP en die party se hoofwoordvoerder oor onderwys, Wynand Boshoff, sê die advertensie spreek van direkte diskriminasie.
Die woordvoerder van die US, Martin Viljoen, sê die geadverteerde internskap maak deel uit van ʼn regeringsprogram om deelname van die aangewese groepe uit te brei. Hy sê terwyl die eksterne befondser ʼn voorkeur vir kandidate uit die aangewese groepe aangedui het, vereis die universiteit se interne prosesse dat sulke voorkeure op ʼn wyse gestel word wat met Suid-Afrikaanse wetgewing en universiteitsbeleid ooreenstem. Hy sê dit is nie in hierdie geval gedoen nie.
Viljoen sê die US het besluit om die advertensie weer uit te reik.






Comments