top of page

‘n Mega-kerk se leier is in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 26
  • 1 min read

Die leier van ‘n mega-kerk, ‘n regter en twee ander verdagtes is op aanklag van geldwassery in hegtenis geneem.


SABC News berig die inhegtenisname spruit uit ernstige bewerings van korrupsie.


Dit sluit pogings in om ‘n siviele saak wat tans voor die Pretoriase Hooggeregshof dien, te beinvloed.


Daar word beweer dat die regter vergoeding van die hoofbeskuldigde ontvang het in ruil vir die lewering van 'n gunstige uitspraak.


‘n Ondersoek het verder die betrokkenheid van drie bykomende verdagtes by die beweerde korrupsie- en geldwasseryskema aan die lig gebring.


Die verdagtes sal na verwagtig binnekort in die hof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page