top of page

'n Menslike arm is in die Vrystaat gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 15
  • 1 min read

Die polisie in Namahadi in die Vrystaat ondersoek 'n geval waar 'n ontbindende menslike arm naby 'n plaaslike bushalte by Thaba Bosiu Village gevind is. Die arm is deur 'n voetganger gevind.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring voorlopige ondersoeke op die toneel dui dit is 'n linkerarm, wat net onder die elmboog geamputeer is.


Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en plaaslike vrywilligers het die omringende area deursoek, maar geen ander dele van 'n liggaam is gevind nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page